-
GESELS 2026
GESELS 2026 is hier met ’n splinternuwe tema!
Ná ’n uiters suksesvolle reeks praatjies verlede jaar, bring Nataniël sy nuwe aanbieding:
“BEWEEG. DIE WARE KUNS VAN OORLEEF.”Of dit finansieël, professioneel, emosioneel, sosiaal of bloot ’n gekneusde selfbeeld is, op elke gebied is die aanslae meer gereeld en hardhandig as ooit!
Nataniël bekyk hierdie dilemma met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende gevolgtrekkings en deel dan sy Tien Goue Reëls Vir Oorlewing. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.
Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!
Saterdag 5 September 2026
Fairtree Atteryburyteater
11:00 + 15:00
90 minute
Geen kinders onder 14.
Bespreek by: seatme.co.zaKaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies in die foyer!
-
SOOIBRAND
(en ander tekens)
Die gewilde vertoning deur Nataniël!
SAND DU PLESSIS TEATER, BLOEMFONTEIN
22 + 23 SeptemberSOOIBRAND is ’n intieme en musikale huldeblyk aan ligte ongemak, diepe skuldgevoelens, mediese skokke en volgehoue ontkenning. Met deernis, humor en vraagtekens bekyk hy hedendaagse arrogansie, ongesonde erfenis en daaglikse woede.
Nataniël bring ’n wye verskeidenheid van musiek, verniel tydlose melodieë, vertel splinternuwe verhale en probeer werp lig werp op van die oudste tot die nuutste sosiale raaisels.
Hy deel die verhoog met Steinway-pianis, Charl du Plessis.
Kostuums deur Floris Louw.
85 minute
Geen pouse
Geen kinders onder 14Sand du Plessis Teater
Slegs 2 vertonings!
22 + 23 September
19:00
Bespreek by webtickets.co.zaArtscape Teater, Kaapstad
4 tot 8 November
Slegs 5 vertonings!
Bespreek by webtickets.co.za -
HÄNDEL & DIE DONKIE
Met hierdie vertoning bekyk Nataniël die waarde en wonde van indrukke, dit wat elkeen lewenslank bybly en vorm. Die ster in die oog, die storm in die hart. Voor op die tong of diep gebêre, elke indruk bepaal elke tree. Nataniël deel herinneringe, wondere en waansin.
Van jazz tot pop tot die barokklanke van Georg Friedrich Händel, Nataniël bring sy wye musikale repertoire, aangebied met ’n nuwe versameling verhale!
Hy deel die verhoog met Steinway-pianis, Charl du Plessis, asook Leonie Greyling (viool), Daline Mitchley (viool), Kate White (viola) en Kerrin Wisniewski (tjello).
Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.
Händel & Die Donkie – snaaks, dramaties en o, so mooi – is ’n móét vir die fynproewer!
90 minute
geen pouse
geen kinders onder 1429 September 2026
HÄNDEL & DIE DONKIE
19:30
Ouditorium, Momentum Aardklop, Potchefstroom
Bespreek by seatme.co.za -
A first collaboration with BREETH:
THE WOODSTOCK BAG
Perfect as carry-on luggage, for shopping, gym, washing, overnight stays, anything!
Made from a premium cotton blend!
Machine washable!
Strong and lightweight!
Style and substance!
Perfect gift, beautifully packaged!
Delivered to your door!VISIT THE ONLINE STORE:
www.breeth.co.zaAnd we made a movie!
Watch now:
Youtube.com -
SWEETIE
Die nuwe boek! The new book!
Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit verhoogproduksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur, Nineveh Song, Cake Topper en Duif.
This collection consists of 31 stories — 5 in English, 26 in Afrikaans. Several of the stories are from stage productions over a period of two years: Ring Van Vuur, Nineveh Song, Cake Topper and Duif.
Available at all book shops and all Nataniël performances!
Online:
SWEETIE e-book:
Amazon.com (eBoek)
Kobo (eBoek)
Snapplify (eBoek)
Optimi/itsi store (eBoek – opvoedkundige platform)
Barnes & Noble (eBoek- NOOK, US)
Overdrive (Libby-Biblioteek eBoek as jou plaaslike biblioteek van Libby gebruik maak) -
Exclusive Range of Heathy Cooking Oils
LIVE LIKE N is an exclusive collection of cooking oils, as natural, healthy and with as many impurities removed as possible. Perfect for cooking, baking, frying, grilling, roasting, sautéíng and searing. Also delicious in salads, pasta dishes, sauces, marinades and dips, these oils pair perfectly with other flavours.
We offer grapeseed oil, olive oil, pecan oil and chilli oil. Essential, delicious and affordable, these can be ordered in any quantity or combination. Also available in luxury gift boxes.
For more information and to order, go to: www.liveliken.com